Pres. Cyril Ramaphosa het sy medelye betuig en sy kommer uitgespreek oor die dood van minstens 20 jong mense by ‘n taverne in Scenery Park, Oos-Londen.
Inwoners het ná die voorval in die vroeë oggendure Sondag na die taverne gestroom.
Ramaphosa sê in ‘n mediaverklaring hy wag vir meer inligting oor die voorval en sy gedagtes is by dié families wat kinders verloor het sowel as gesinne wat wag op bevestiging van hoe hul kinders moontlik geraak is.