’n Jaar sedert die raaiselagtige verdwyning en moord op Recolin Witbooi van Barcelona in Port Elizabeth, sit sy familie steeds met tergende vrae oor wat presies met hom gebeur het.
Recolin, toe agt jaar oud, se verdwyning op 6 Julie 2019 het die gemeenskap van Barcelona, en die breër Port Elizabeth tot in hul fondamente geskud.
Hy het die dag van sy verdwyning saam met maats by ’n kloof in die omgewing van sy ouerhuis gaan visvang.