“Run Forest run,” het die blondekopvrou se WhatsApp-boodskap aan ’n dokter van Hermanus gelui.
Drie dae later is dr. Giles Hartman ontvoer, aangerand en met skedelbreuk op ’n bergpad gelaat.
’n Mede-Overberger, Gerhard de Waal, verskyn eerskomende Woensdag in die landdroshof in Hermanus op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, diefstal en naamskending in verband met die voorval.