Nog ’n moord, dié keer op ’n sakeman van Ficksburg Donderdagaand, het die Vrystaat die afgelope week geruk.
Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Donderdag omstreeks 21:00 ontbied na ’n skietvoorval op die hoek van Kestell- en Bloemstraat in Ficksburg.
Manuel De Castro (57) is dood in die passasierskant van sy voertuig aangetref. Hy is in die maag geskiet. Die passasierskant- en agterruite van die voertuig is beskadig en gebruikte patroondoppies en ’n 9 mm-vuurwapen is ook op die toneel gekry.