Twee mans, onder wie ’n tuinwerker, is vir die grumoorde op ’n egpaar van Sasolburg in hegtenis geneem.
Yolanda Liebenberg, dogter van die vermoorde Annie Liebenberg (62), het Maandag op haar Facebook-blad geskryf dat sy haar ma teen die werker gewaarsku het omdat hy voorheen gesteel het.
Volgens Yolanda het die man glo ná sy inhegtenisneming in ’n bekentenis gesê dat hy geld wou hê.