Inbrekers het toegeslaan op die huis van Annie Liebenberg (63) en haar kêrel, Michael Zantow (65), wat in Augustus in Sasolburg vermoor is.
Liebenberg se dogter, Maryke, het Dinsdagmiddag aan Netwerk24 gesê verskeie besittings van die paartjie is uit die huis in Watersonstraat gesteel.
“Ons weet nie wanneer daar ingebreek is nie, maar toe ek middel September daar was, was alles nog reg. Ek vermoed die inbrekers het Vrydag toegeslaan,” sê sy.