’n Polisiesersant is onder die mense wat gevang is toe hulle twee beseerde ietermago-wyfies probeer verkoop het.
David Sekgobela, Kopano Gaelatelwe, Sydney Maneng, Tlhamelo Kgomane, Thomas Baloyi, Daniël Malungani en sers. Charles Maluleke, wat gestasioneer is in die Elsburg-polisiekantoor, het in die landdroshof in Benoni verskyn op aanklagte van die besit van en handel dryf in ’n bedreigde spesie.
Dieremishandeling kan ook by die aanklagte gevoeg word, sou ’n verslag van die veearts so ’n misdryf bevestig.