’n Man van Phuthaditjhaba in die Oos-Vrystaat, Motsumi Makoena, veg om sy lewe nadat sy 30-jarige seun hom na bewering met ’n mes in die bors gesteek het.
“Makoena het Dinsdagoggend in die gesin se motorhuis op sy seun afgekom waar hy besig was om dele van sy ma se lyk in plastieksakke te druk,” sê kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder.
Makoena het glo aan sy seun gevra wat die aan die gang is, toe dié hom met die mes in die bors gesteek het.