’n Jong man van Roodepoort is rasend van bekommernis oor sy ma en stiefpa wat Donderdagoggend in die vroeë oggendure tussen Margate en Johannesburg gekaap is.
Hulle is steeds spoorloos en hy kan nie wag dat dié grootste nagmerrie van sy lewe tot ’n einde kom nie.
Quinton Erasmus (21) van Roodepoort sê hy wil van sy kop af raak so bekommerd is hy, maar hy bly hoopvol dat sy ouers ongedeerd en veilig gekry gaan word.