’n Stamhoof van Mpumalanga is Sondag net ná 23:00 op die pad na die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe naby Witrivier doodgeskiet.
Clyde Mnisi (37) van Bohlabela in die Ehlanzeni-distrik en sy bestuurder, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het langs die pad op bystand gewag nadat hul Toyota Avanza ’n pap band gekry het, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.
Vyf gewapende mans het in ’n BMW X5 aangery gekom, het die bestuurder volgens Mohlala in sy polisieverklaring gesê.