Twee vermeende stropers is die afgelope week in die besit van olifanttande in Makhado in Limpopo betrap en in hegtenis geneem.
Ao. Lethunya Mmurao, Valke-woordvoerder, sê die Valke het die ondersoek gelei nadat vertroulike inligting ontvang is oor mense wat olifanttande in die Makhado-omgewing verkoop.
“Twee verdagtes, van onderskeidelik 45 en 24 jaar oud, is Donderdag in ’n ondergrondse parkeerarea in besit van olifanttande betrap,” sê Mmurao.