Terwyl die Swartlandse boeregemeenskap Dinsdagaand nog probeer het om die skok van ’n aanval en moord op ’n plaas buite Moorreesburg te verwerk, het die polisie bevestig ’n verdagte is reeds aangekeer en sal spoedig in die hof verskyn.
Die plaaswag in dié deel van die Swartland het Dinsdagaand gesê die ondersoek na die aanval op die plaas Klipheuwel, waar Ingrid Koch (65) vroeër die dag vermoor en haar man, Frans (69), ernstig beseer is, is in ’n sensitiewe stadium.
Die familie is om dié rede aangeraai om nie met die media te praat nie. Rehan Nieuwoudt, voorsitter van die plaaswag, het laatmiddag medianavrae namens die familie behartig.