’n Taakspan wat bestaan uit ’n private sekuriteitsmaatskappy, die polisie se spesiale taakmag, die weermag en die Valke het ’n chroommyn in Noordwes ontset nadat dit sowat ’n jaar gelede deur ’n misdaadsindikaat gekaap is.
Die kapers het sedert hulle die myn gekaap het miljoene rande se chroom gesteel – na raming tot soveel as R1 miljoen se metaal per dag.
Die reuse-omvang van die kapers se onwettige operasie is duidelik uit die toerusting wat tydens die operasie gekonfiskeer is – 11 groot vragmotors, 20 laaigrawe en R200 miljoen se chroom.