Die polisie het sy kleinseun doodgeskiet, hom soos ’n vrot vel agterin ’n polisiewa gegooi en sy lyk soos ’n stuk vuilgoed by die hospitaal afgelaai.
Só sê James Julies (69), oupa van Nathaniel (Lockie) Julies (16), wat Woensdagaand in Eldoradopark, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet is.
Nathaniel, ’n downsindroom-lyer, se dood het die land geruk en woedende inwoners het Donderdag by die plaaslike polisiekantoor betoog.