’n Tiener is Saterdagoggend in Manenberg doodgeskiet en ’n kleuter gewond toe hulle vermoedelik in die kruisvuur van bendes beland het.
Vernon Visagie, voorsitter van die Manenberg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), was Saterdag op pad na die skiettoneel.
Visagie sê by navraag die seuns van vyf en 17 is om 10:00 in ’n kritieke toestand gelaat nadat hulle in die kruisvuur vasgevang is.