“Wat my die meeste breek, is dat hy my kind voor háár kind doodgemaak het.”
So sê Awie Fourie van Durban nadat sy dogter, Angelique (27), Sondagaand in haar meenthuis in Trichardt, Mpumalanga, vermoor is. Haar bebloede lyk is met wonde aan haar keel en gesig in die badkamer van haar meenthuis gekry.
Angelique se tweejarige dogter het glo gesien hoe haar ma vermoor word.