Twee mense is aangekeer nadat voertuie in twee afsonderlike voorvalle in Mpumalanga gekaap is. Twee vragmotors en ’n dubbelkajuitbakkie is ook teruggekry.
Die verdagtes van 24 en 27 jaar oud is in Delmas in hegtenis geneem ná twee afsonderlike kapingsvoorvalle.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê in een van die voorvalle is ’n vragmotorbestuurder Donderdagaand in Ceoco Sentraal in Delmas gekaap.