’n Man van Kaapstad is Sondag, presies ’n week ná sy 34ste verjaarsdag, koelbloedig doodgeskiet by ’n vakansieoord buite Mmabatho in Noordwes in ’n oënskynlike twis oor verblyf.
Trent Ashley Jenkinson is Vrydag in Rustenburg in Noordwes veras.
Sy gebroke ma, Brigitte Kendall-Ball Jenkinson, ’n juwelier in Kaapstad, sê sy is geskok en kan nie glo wat met haar seun gebeur het nie.