Die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag bevestig hy is bewus van 'n beweerde verkragting in een van die universiteit se manskoshuise.
Die beweerde verkragting het glo Dinsdag plaasgevind toe ’n 18-jarige eerstejaarstudent 'n manskoshuis besoek het, het bronne in die polisie gesê.
Die student, die inwoner van ’n dameskoshuis, is na bewering twee keer verkrag deur die student wat sy by sy koshuis besoek het.