Ervare speurders verbonde aan die Valke ondersoek nou die bewerings van geldwassery, regsverydeling en ontvoering teen pres. Cyril Ramaphosa.
Brig. Thandi Mbambo, Valke-woordvoerder, het Dinsdag gesê die dossier is na die Valke vir ondersoek gestuur.
“Ek kan bevestig die Valke het die dossier met die klagtes teen die president ontvang en ervare speurders is aangestel,” sê sy.