’n Veiligheidswag is dood toe transitorowers Vrydag ’n geldwa op die R31-pad in Kimberley opgeblaas het.
Die maatskappy SBV Services, waaraan die geldwa behoort, het ná die voorval R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die transitorowers sal lei.
Die geldwa is omstreeks 05:00 deur ’n onbekende getal transitorowers in ’n BMW-voertuig gejaag en het gerol, sê kol. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.