’n Vermeende dief het ’n polisiebeampte van Bothaville in die Vrystaat glo aan albei sy middelvingers gebyt toe hy hom in hegtenis wou neem.
Die 37-jarige sersant is sedert die voorval op Sondag 19 Junie op siekverlof. Hy is ná die voorval in die hospitaal opgeneem, maar dieselfde dag ontslaan, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.
Tshepang Ramontso (23), die vermeende byter, verskyn weer op 20 Julie in die landdroshof in Bothaville op aanklag van die aanranding van ’n polisielid, die teenstaan van arrestasie en diefstal. Hy is Woensdag op waarskuwing vrygelaat.