Die veroordeelde moordenaar en verkragter wat Donderdag uit Barberton se Medium B-gevangenis ontsnap het, is steeds op vrye voet.
“Ons en die polisie volg alle leidrade op en kan nie sê waar hy hom moontlik bevind nie, omdat dit die soektog kan benadeel,” sê Sechaba Mphahlele, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD).
Die DKD het vroeër gesê Amos Shabangu Mashaba (46) word as gevaarlik beskou en as iemand weet waar hy is, moet hulle onmiddellik hul naaste polisiekantoor kontak.