Plaasaanvallers het ’n huishulp Sondagoggend op ’n plaas naby Nelspruit in haar buitekamer vasgebind en haar werkgewer kort daarna in die hoofhuis gewurg voordat hulle met gesteelde goedere gevlug het – maar nie voordat die boervrou een van hulle gebyt het nie.
Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof in die Noordelike streke, het Sondagmiddag gesê Sharon Cronjé se man, Fred, was in sy rolstoel in die huis tydens die aanval. Hy is ongedeerd.
“Die rowers was blykbaar op pad na Fred toe hulle hulle in Sharon vasloop,” sê Coetzer.