Die polisie in KwaZulu-Natal het Maandag op ’n grusame toneel in ’n woongebied naby Durban afgekom waar ’n ma van twee seuns hulle oënskynlik opgehang het, waarna sy ook haar eie lewe geneem het.
“Die oorledene se twee minderjarige dogters (10 en 12 jaar oud) het Maandagoggend op die lyke van hul ma en boeties, twee en drie jaar oud, in hul huis in Verulam afgekom,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.
“Hulle het aan bedlakens aan die balke van een van die kamers in die huis gehang,” sê Mbele.