Maandagaand was daar nie minder nie as drie huisrooftogte en twee kapings in Ekurhuleni.
In een van die kapings het ’n 76-jarige vrou ernstige kopbeserings opgedoen toe die verdagtes haar bykans ’n kilometer ver saamgesleep het nadat hulle haar voertuig in Edenvale gekaap het.
“Sy is in ’n kritieke toestand na die naaste hospitaal gebring,” sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.