Misdaadtoneel-deskundiges fynkam ’n misdaadtoneel in Blue Downs, Kaapstad, vir leidrade nadat ’n 35-jarige vrou ontvoer is.
“Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering en poging tot moord ná ’n voorval Donderdagoggend omstreeks 10:05 in Ipswichweg, naby Saxdownweg, Blue Downs, waar ’n 35-jarige vrou ontvoer is,” sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.
Twee voertuie het glo ’n geel Audi R8, wat deur die vrou bestuur is, vasgeparkeer waarna die insittendes van die voertuie toegeslaan het. Foto’s van die motors wat glo betrokke was, versprei soos ’n veldbrand op sosiale media.