Christian van Tonder (29), ’n suksesvolle Vrystaatse boer, is Maandagaand in die omgewing van die Barrage in Gauteng doodgeskiet.
Van Tonder, wat by Lindley in die Vrystaat met Drakensberger-beeste geboer het, het Maandag geld by die Barrage gaan haal vir beeste wat hy verkoop het.
Sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, sê Van Tonder en Jaco Botha, ’n veeaankoper, het gelyktydig uit Lindley gery sodat Botha vir Van Tonder by die Barrage kon betaal.