Die Wes-Kaap het ’n stempel van goedkeuring van die Wêreld Reis- en Toerismeraad (WTTC) ontvang wat help om vir reisigers aan te dui dat hulle veilige bestemmings besoek.
David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het Dinsdag bevestig dat die provinsie die WTTC se “Safe Travels Stamp” ontvang het nadat sommige stede en dorpe dit reeds behaal het.
Maynier het in ’n verklaring gesê dié eer, wat saamval met die begin van die Ons is oop-veldtog vir plaaslike toerisme verlede week, is nog ’n aanduiding dat die Wes-Kaap gereed is om veilig te heropen en weer sake te doen.