’n Veiligheidswag van 29 jaar is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy meisie vermoor het en toe glo probeer het om haar driejarige seuntjie ook te vermoor.
Fezile Nqumalo (22) se lyk is op 26 Maart met veelvuldige steekwonde in die bosse naby Mamphahlane buite Burgersfort in Limpopo gevind.
Haar seuntjie, wat ernstig beseer is en gebloei het toe hy gevind is, het inwoners na sy ma se lyk gelei, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder.