Twee woonbuurte in Nxuba (Cradock) se krane was Dinsdag die sewende dag agtereenvolgens droog.
Inwoners van die hoogliggende buurte Hillside en Bergsig het teen Dinsdagoggend steeds geen watertoevoer gehad nie, terwyl die sakekern en nywerheidsgebied van dié Oos-Kaapse dorp min tot geen water gehad het nie.
Chris Hani-distriksmunisipaliteit bestuur die Inxuba Yethemba-munisipaliteit se watersake.