Sowat 700 informele blyplekke in Elephant Park, ’n informele nedersetting in Wells Estate, Gqeberha, het Woensdag uiteindelik wettige elektrisiteitstoevoer ontvang.
Dit vorm deel van die laaste fase van nagenoeg 2 900 inwoners van die gebied wat baat vind by elektrifisering. Die hele projek kos sowat R7 miljoen.
Die Nelson Mandelabaai-metro (NMB) se direktoraat vir elektrisiteit en energie sê die metro verloor R800 miljoen per jaar weens onwettige kragverbindings.