AfriForum in Lichtenburg, Noordwes, en die Ditsobatle-munisipaliteit werk nou saam om die swak toestand van strate in die dorp te herstel.
Die span het Donderdag ’n besige straat naby die Hoërskool Lichtenburg, wat in ’n swak toestand was, herstel.
Die landboumaatskappy NWK in die dorp het 50 ton teer geskenk en die munisipaliteit het toerusting en werkers beskikbaar gestel terwyl AfriForum nog werkers ingespan het om te help.