Om die veiligheid van Johannesburg se inwoners te verseker gaan die motorverhuringsmaatskappy Afrirent nie die vloot voertuie terugvat wat hy aan die Johannesburg-metro verhuur het nie.
Minder as ’n week nadat Avis die motors wat die metro by hom huur, teruggevat het, het Senzo Tsabedze, uitvoerende hoof van Afrirent, Dinsdag aan Netwerk24 gesê die maatskappy gaan nie sy 2 760 voertuie terugvat nie.
Leah Knott, DA-burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, sê die huurkontrak met Avis en Afrirent het op 31 Oktober verstryk.