’n Amptenaar is deur die Johannesburgse metro geskors nadat die persoon se rassistiese opmerkings by ’n swembad in Eldoradopark op video vasgelê is.
“Die amptenaar is summier geskors en sal binnekort in ’n dissiplinêre verhoor verskyn. Sulke wangedrag sal nie toegelaat word nie.
“Daar is geen plek vir rassisme in ons samelewing nie en wanneer dit wel kop uitsteek, moet ons dadelik daarteen optree,” sê Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, in ’n verklaring.