Die ANC het verskeie beloftes verbreek ten opsigte van hoe hy die Mangaung-metro in Bloemfontein sou regruk, sê dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, en Patricia Kopane, DA-LP.
Jankielsohn en Kopane, wat ’n intensiewe oorsig van die munisipale dienste in die metro gebied het, sê die party sal voortgaan om die munisipaliteit vir swak dienslewering en finansiële wanbestuur aanspreeklik te hou.
Dit is ’n skande dat die ANC beloftes verbreek en steeds van die inwoners verwag om hom te ondersteun, sê hulle.