Die ANC en die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) gaan Kannaland voortaan in ’n nuwe koalisie bestuur.
Dit is Woensdag ná ’n spesiale raadsvergadering aangekondig.
Dit kom nadat die DA en die ANC in 2016 kragte saamgesnoer het om beheer van Kannaland se stadsraad oor te neem. Tevore is die stadsraad deur die ANC en Icosa in ’n koalisie beheer.