Die ANC in die Wes-Kaapse wetgewer het bevestig dat hy in gesprek is met die Verkiesingskommissie (OVK) oor klagtes rakende die onlangse tussenverkiesing in Cederberg.
Aantygings dat kiesers glo sonder hul toestemming vir spesiale stemme geregistreer is en dat daar “geknoei” is om plaaswerkers te verhinder om te stem, is vroeër tydens ’n debat in die wetgewer gelug.
Cameron Dugmore, ANC-leier in die wetgewer, het Maandag gesê ’n beswaar is by die OVK ingedien oor ’n beweerde oortreding van die gedragskode tydens verkiesings.