Die DA-leier in die Theewaterskloof-munisipaliteit sê die “woede” van die ANC teen haar en eise dat sy bedank, is ’n poging om die aandag af te lei van die ongerymdhede sedert ’n koalisie in November aan bewind gekom het.
Martie Koegelenberg, DA-kiesafdelingsvoorsitter in dié deel van die Wes-Kaap, het Donderdag gesê dié ongerymdhede sluit in die aanstel van ’n “bloulig-brigade” om raadslede en amptenare te beskerm “teen ’n gevaar wat oënskynlik nie bestaan nie” en glo al R4,3 miljoen beloop.
LEES OOK: BBP-beskerming kos munisipaliteit glo R4 miljoen, sê DA