Die vere het die afgelope week op Beaufort-Wes gewaai toe die burgemeester, Gideon (Gaba) Pietersen, skorsingsbriewe aan sy munisipale bestuurder en drie direkteure oorhandig het.
Verlede week nog het die nuwe burgemeester vir die Sentraal-Karoo-munisipaliteit en leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, gespog dat die poppe op die Karoodorp gaan dans oor die “swak dienslewering”.
Vrydag wou McKenzie by navraag deur sy woordvoerder, Kenny Kunene, slegs sê dat hy geen gesag het oor raadsbesluite op die Karoodorp nie.