Die Rosestad, soos Bloemfontein dekades bemark was, is skynbaar sy rose kwyt en sal voortaan eerder as ’n geografiese middelpunt bemark word.
Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, sê dit is nie dat die metro nooit weer rose gaan plant nie, maar weens die waterbeperkings en knellende droogte kon die roostuine nie meer volhoubaar in stand gehou word nie.
“Rose gaan nog in die toekoms in Bloemfontein se tuine geplant word, maar dit sal ’n kleiner deel van die tuine uitmaak. Ons kyk na meer geharde plante vir die openbare tuine wat droogtebestand is.”