’n Rommelbestrooide Bloemfontein word ná munisipale werkers se sloerstaking van vier dae skielik skoongemaak nadat die groen lig Vrydag gegee is dat hulle 60 uur se oortydbetaling gaan kry.
Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder van die Mangaung-metro, het by navraag gesê met die werkers is ooreengekom vir 60 uur oortyd vir Oktober, en nie 100 uur soos werkers aan Netwerk24 vertel het nie.
Mea sê hy kan nie gehoor gee aan eise van munisipale werkers wat tot 200 uur se oortydvergoeding per maand wil hê nie.