Die Tshwane-metro het Vrydag sy busdiens opgeskort nadat iemand positief vir die koronavirus getoets is.
“Al die busse en bushaltes sal eers ontsmet word voordat dienste weer hervat kan word,” sê Mpho Nawa, die metro se hoof-administrateur, Vrydag in ’n verklaring.
Alle werknemers by die Tshwane-busdienste word aangemoedig om tydens die ontsmetting tuis te bly en voorsorgmaatreëls te tref om die riglyne en protokolle oor beroepsgesondheid en veiligheid in verband met Covid-19 na te kom.