Vier van die vyf pompe by die Welbedacht-watersuiweringsaanleg waarvandaan Bloemfontein se water kom, werk nou goed, het Maruping Rapudungoane, uitvoerende hoof van bedryf en onderhoud by Bloemwater, Sondag gesê.
Inwoners in dele van Bloemfontein is bykans twee weke lank met waterlose krane beproef.
Rapudungoane het Sondag gesê die stand van reservoirs in Bloemfontein is “redelik” en Bloemwater is goed in bedryf.