As jy jou elektrisiteit van City Power ontvang, moet jy jou maar regmaak vir langer beurtkrag. Die rede? Fase 6 van die beurtkrag maak amok met City Power se stelsels en infrastruktuur, en gevolglik sy kliënte.
Volgens Isaac Mangena, City Power se woordvoerder, sal daar weens dié hoër fase van beurtkrag dus sommige kliënte in sekere blokke wees waar die krag vier pleks van twee uur af sal wees.
Dit beteken ook dat kliënte hulle vir meer as drie of vier beurtkrag-sessies per dag moet staal.