Die ANC moes twee wyke aan opposisiepartye afstaan in vyf tussenverkiesings wat landwyd gehou is.
Die DA en EFF het elk een munisipale wyk van die regerende party in onderskeidelik die Noord-Kaap en Gauteng afgerokkel.
Tussenverkiesings is Woensdag in vyf wyke in verskillende munisipaliteite in Gauteng, die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga gehou nadat die vorige raadslede daar sedert November verlede jaar se plaaslike verkiesing dood is of bedank het.