Die DA se kritiek op Gayton McKenzie gaan die veelpartykoalisie in Gauteng nie laat ontspoor nie, maar gaan die DA in die Wes-Kaap wel seermaak.
Tertius Simmers, tussentydse DA-leier in die Wes-Kaap, het hom die gramskap van die Patriotic Alliance (PA) op die hals gehaal toe hy McKenzie, PA-leier, se verkiesing tot burgemeester van die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit as “politieke boewery” beskryf het.
Rapport verneem die DA was ontevrede met McKenzie se verkiesing nadat ’n ooreenkoms tussen die DA en die PA vir ’n koalisieregering in die Sentraal-Karoo platgeval het.