Die DA in die Wes-Kaap het Vrydag bevestig dat hy die Laingsburg-munisipaliteit in ’n koalisie met die Karoo Ontwikkelings Party (KOP) oorgeneem het.
Tertuis Simmers, DA-voorsitter van die oos-streek, sê in ’n verklaring albei partye het hulself daartoe verbind om “oop, eerlike, aanspreeklike en responsiewe” regering te bied.
“Die nuwe koalisie sal albei vennote die geleentheid gee om ’n lewensveranderende regering aan inwoners te lewer waar hulle nou gesamentlik ’n meerderheid van die setels het.”