“Terwyl ons omring is van vol damme, riviere in vloed en net water waar jy kyk, sit Bethlehem, Rosendal en Paul Roux sonder water,” sê Isolde Laesecke van Bethlehem.
Laesecke, ’n aktivis vir beter munisipale dienste, sê inwoners moet tans waterbeperkings verduur deurdat die water elke aand afgesny word.
Dit is glo sodat die Dihlabeng-munisipaliteit kans kan kry om genoeg water te suiwer.