Inwoners van die Mkhondo-munisipaliteit in Mpumalanga, wat die dorpe Mkhondo (Piet Retief), Driefontein en Amsterdam bedien, is woedend nadat hulle Dinsdag ses uur sonder elektrisiteit moes sit nadat Eskom die kragtoevoer na die dorp afgesny het toe verteenwoordigers van die munisipaliteit glo nie vir ’n vergadering met hom opgedaag het nie.
Die munisipaliteit sê in ’n verklaring die doel van die vergadering was om sy munisipale skuld aan Eskom te bespreek.
“Terwyl Eskom gewag het vir die vergadering om te begin het hulle die kragtoevoer na die hele dorp sonder waarskuwing afgesny. Dit was duidelik ’n emosionele besluit en onverwags. Gevolglik was die hele Mkhondo sowat ses uur sonder krag.”